Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

1 Chronicles 1

:
Afrikaans - AFR20
1 Adam, Set, Enos,
2 Kenan, Mahalalel, Jered,
3 Henog, Metusalag, Lameg,
4 Noag, Sem, Gam en Jafet.
5 Jafet se nageslag was Gomer en Magog, Madai, Jawan, Tubal, Meseg en Tiras.
6 Gomer se nageslag was Askenas, Difat en Togarma.
7 Jawan se nageslag was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en Rodaners.
8 Gam se nageslag was Kus, Egipte, Put en Kanaän.
9 Kus se nageslag was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabtega. Rama se nageslag was Skeba en Dedan.
10 Kus was die vader van Nimrod. Hy was die een wat begin het om as maghebber op aarde op te tree.
11 Egipte was die voorvader van die Ludeërs, die Anameërs, die Lehabeërs, die Naftugiete,
12 en van die Patrosane en die Kaslugiete, uit wie die Filistyne voortgekom het, en van die Kaftorane.
13 Kanaän het Sidon verwek, sy eersgeborene, en ook Het,
14 en die voorvader van die Jebusiete, die Amoriete, die Girgasiete,
15 die Hewiete, die Eregiete, die Siniete,
16 die Arwadters, die Semariërs en die mense van Hamat.
17 Sem se nageslag was Elam, Assur, Arpagsad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Meseg.
18 Arpagsad het Selag verwek, en Selag het Heber verwek.
19 Vir Heber is twee seuns gebore. Die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan.
20 Joktan het Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,
21 Hadoram, Usal, Dikla,
22 Ebal, Abimael, Skeba,
23 Ofir, Gawila en Jobab verwek. Hulle almal was die nageslag van Joktan.
24 Sem, Arpagsad, Selag,
25 Heber, Peleg, Reü,
26 Serug, Nahor, Tera,
27 Abram dit is Abraham.
28 Abraham se seuns was Isak en Ismael.
29 Hier volg hulle familiegeskiedenis: Nebajot was die eersgeborene van Ismael, daarna Kedar, Adbeël en Mibsam,
30 Misma, Duma, Massa, Gadad en Tema,
31 Jetur, Nafis en Kedma. Hierdie manne was die nageslag van Ismael.
32 Die nageslag van Ketura, Abraham se byvrou: Sy het Simran in die wêreld gebring, ook Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Joksan se seuns was Skeba en Dedan,
33 en Midian se seuns was Efa, Efer, Ganog, Abida en Eldaä. Hulle almal was die nageslag van Ketura.
34 Abraham het Isak verwek. Isak se seuns was Esau en Israel.
35 Esau se seuns was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.
36 Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefi, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.
37 Reüel se seuns was Nagat, Serag, Samma en Missa.
38 Seïr se seuns was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.
39 Lotan se seuns was Gori en Homam. Timna was Lotan se suster.
40 Sobal se seuns was Aljan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Sibon se seuns was Aja en Ana.
41 Ana se seun was Dison. Dison se seuns was Gamran, Esban, Jitran en Keran.
42 Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Jaäkan. Disan se seuns was Us en Aran.
43 Dit is die konings wat in die land Edom regeer het voordat 'n koning oor die Israeliete regeer het: Bela was die seun van Beor, en die naam van sy dorp was Dinhaba.
44 Bela het gesterf, en Jobab het koning geword in sy plek. Jobab was die seun van Serag, uit Bosra.
45 Jobab het gesterf, en Gusam, uit die gebied van die mense van Teman, het koning geword in sy plek.
46 Gusam het gesterf, en Hadad, seun van Bedad, wat Midian in die gebied van Moab verslaan het, het koning geword in sy plek. Die naam van sy dorp was Awit.
47 Hadad het gesterf, en Samla uit Masreka het koning geword in sy plek.
48 Samla het gesterf, en Saul uit Regoboot-Hannahar het koning geword in sy plek.
49 Saul het gesterf, en Baäl-Ganan, seun van Agbor, het koning geword in sy plek.
50 Baäl-Ganan het gesterf, en Hadad het koning geword in sy plek. Die naam van sy dorp was Pai, en sy vrou se naam was Mehetabel, dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
51 Hadad het gesterf. Daarna was daar die volgende stamhoofde in Edom: stamhoof Timna, stamhoof Alja, stamhoof Jetet,
52 stamhoof Oholibama, stamhoof Ela, stamhoof Pinon,
53 stamhoof Kenas, stamhoof Teman, stamhoof Mibsar,
54 stamhoof Magdiël, stamhoof Iram. Dit was die stamhoofde van Edom.